Dis N Land by Snotkop Guitar Chords
Am G F Gm F D# A#
[Verse]
Am G
Gee my ‘n oomblik asseblief, laat ek vertel.
F
Van ‘n land waarin ek woon, drome droom, wel!
Am G
Gee my ‘n oomblik en onthou van al daai dae.
F
Was net ‘n laaitie in die Vrystaat op die plaas, ja!
Am G
Onthou daai dae van waatlemoen en potjiekos.
F
Brandewyn en Coke om die probleme op te los.
Am G
En tannie Carike op die radio wat sing.
F
En ons skree hard vir die Bokke om die beker terug te bring, ja!
Hierdie land, wat my geluk bring.
[Chorus]
C F
Dis ‘n land van kleure en klank.
C F
Dis ‘n land van oorvloed en dank.
C D G
Dis ‘n land wat almal na strewe.
C F
Dis ‘n land sonder horison en
C F C G C
dis ‘n land wat weet hy kan ook ‘n blyplek neerlê vir my.
[Verse]
Am G
Gee my ‘n oomblik asseblief, laat ek vertel.
F
Van ‘n land waarin ek woon, al die drome wat ek droom, wel!
Am G F
Gee my ‘n kans om te verduidelik hoe dit voel om met trots te sê ek is Afrikaans en dit te kan bedoel.
Am G F
Om ‘n Bunnychow te eet en die Madiba jive te doen, die Huisgenoot, Stellenbosch, Mannetjie Roux.
Am G
Issie Cape flats, die kaptein Loftus toe.
F
O maak jou venster wawyd oop as jy Namakwaland toer, ek voel die wind as my land jou roep.
[Chorus]
C F
Dis ‘n land van kleure en klank.
C F
Dis ‘n land van oorvloed en dank.
C D G
Dis ‘n land wat almal na strewe.
C F
Dis ‘n land sonder horison en
C F C G C
dis ‘n land wat weet hy kan ook ‘n blyplek neerlê vir my.
[Verse]
Am G
Gee my ‘n oomblik asseblief laat ek jou wys.
F
Hoekom noem ek hierdie crazy land nog steeds my huis.
Am G
Dis die land van goeie hoop en Tassenberg.
F
Die ghoema in jou bloed en die kombers oor Tafelberg.
Am G
En ek het altyd gedroom om te kan wees soos David Kramer.
F
En elke liewe Sondag was dit tyd vir die Onse Vader.
Am G
Seën asseblief hierdie land waarin ons woon
F
en al die ander mense wat soos ek van vrede droom en liefde volop soos die sterre in die Klein Karoo.
[Chorus]
C F
Dis ‘n land van kleure en klank.
C F
Dis ‘n land van oorvloed en dank.
C D G
Dis ‘n land wat almal na strewe.
C F
Dis ‘n land sonder horison en
C F C G C
dis ‘n land wat weet hy kan ook ‘n blyplek neerlê vir my. ( x2 )
G C
Ook ‘n blyplek neerlê vir my.
Posted In: Miscellaneous
Tagged In: Snotkop