Op Die Pad Na Nooitgedacht  Koos Du Plessis Guitar Chords by Koos Du Plessis

Op Die Pad Na Nooitgedacht  Koos Du Plessis Guitar Chords

[Intro]
G

G D
Op ‘n donker aand diep in Juliemaand
C G
op die pad na Nooitgedacht
C G
waar drie rotse staan teen die sekelmaan
G D
het ek lank gewag die nag.
G D
Want ‘n skurk vanouds het ‘n sak vol goud
C G
daar begrawe langs die pad
C G
en elke donker aand met die sekelmaan
G D
kom hy terug en soek sy skat.
G D G
In die verte hoor ek vier hoewe
D G
soos ‘n hartpols diep in die nag.

Dis of die duiwel hom jaag
C
want die maan sit al laag
G D G
op die pad na Nooitgedacht.
D
Dis of die duiwel hom jaag
C
want die maan sit al laag
G D G
op die pad na Nooitgedacht.

[Verse]
Gb Db
By die spookklippe naby Nooitgedacht
B Gb
so’t die mense my vertel
B Gb
kan geen man dit waag op ‘n donker nag
Gb Db
hy begeef hom in die hel.
Gb Db
Maar ek het vas gestaan en gese ek gaan
B Gb
Man alleen een donker nag.
B Gb
Ek het myself gestaal en my perd laat haal
Db Gb Db
maar ek het so iets nooit verwag.
Gb Db Gb
Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
Db Gb Db Gb
en tien vlamtonge speel in die nag
Db Gb
en die ruiter le plat
B
want sy perd ken die pad
Gb Db Gb
na die skat van Nooitgedacht.

[Verse]
C
Ek het te veel gesien en ek dog miskien
Bb F
is die beste plek die huis.
Bb F
Want ek ken gevaar maar ek trap onklaar
C F C
en ek wens ek was al tuis.
F C
Maar die huis is ver en die morester
Bb F
hang spookagtig oor die veld.
C Bb F
Dis geen plek vir my ek wil liewer ry
F C
gee die kerel maar sy geld.
C F C F
Maar die hoefslae dreun in my ore
C F C F
en ‘n skim skiet stil uit sy saal
Bb
en die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad
F C F
want hy kom om sy skatte te haal.

[Verse]
B E B E
Maar die burgers gun hom geen rus nie
B E
soos ‘n veldbrand kom hulle aan.
B E A
En die Mauservuur dreun en looddruppels reen
E B E
en ek dog die einde breek aan.
B E B E
Maar twee kole gloei in sy oe
B E B E
met een haal is hy weer in die saal
B E A
en sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug
E B E
want hy weet die dood kom hom haal.
B
Op ‘n donker aand diep in Juliemaand
A E
op die pad na Nooitgedacht
B A E
waar drie rotse staan teen die sekelmaan
E B
het ek lank bly le die nag.
E B E
En ek weet geeneen sal my glo nie.
B E B E
Dit klink alles so gek in die dag…
B E
Maar wees elkeen wat lag
A
eenmaal daar in die nag
E B E
op die pad na Nooitgedacht.

6 years ago

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *